Skop, Skiet & Donner

Voor Ons Stof Word

My gemoedstoestand raak al beter
Al sak die donker toe
Dit beteken nog nie ek gaan hemel toe nie
Miskien nog verder van 'n hemelwese af
Ek voel nog jonk, maar ek glo glad nie in sprokies nie
Gee my tyd my hart
Dans saam terwyl ons heengaan
Voor ons stof word
Gee net tyd my hart
Dans saam terwyl ons heengaan
Voor ons stof word
Dis hier waar ek veilig voel
Onder versagtende omstandighede
Trap ek dalk nou op jou tone?
Ek is nie veel van 'n danser nie, maar ek sal dans as ek dronk genoeg is.

Ondier Kom!

Vloei vrylik, sluk deur die stuk stroom
Was 'n doos in die donker en in die lig
Aarde bespiegel, waarsku streng
Vibrasie dwing
Ek luister na die stem
Dood vir jou oë
Ek sweer jou die dood voor die oë
Die beton van die stad vreet gate sonder vrae in my geesdrif in
Hier en nou
Duiwels in skaapklere
Hier en nou
Jy het niks nodig nie, maar ek is afhanklik
Hier en nou
Ek kan my bes probeer, maar dit sal nie help nie
Wanneer kom die somer?
Want die seisoen sit my op my plek
Vrees in jou oë
Ek's bevrees daar's dood in jou oë
Die beton van die stad vreet gate sonder vrae in jou geesdrif in.

Huissiek Gebede

Het jou probeer wakker maak al sou 'n dag in die bed vir my ook help
Geleer om jou na te aap
Dit was jy luiaard wat deur my mond praat
Die gees het hierdie liggaam verlaat
Moenie jouself oor die lyk bekommer nie, bedaar
Die kus en die grense skuif nou nader aan mekaar
Huissiek gebede wat hoes deur die strate
Dis al lankal te laat
Ons het meer as suurstof nodig laat die nag ons nie blind maak
Het nooit die moed gehad
Ek wou jou verneder toe jy my mislei
Jy weet presies wie ek is
Dis jy lafaard wat deur my mond praat
Die gees het hierdie liggaam verlaat
Moenie jouself oor die lyk bekommer nie, bedaar
Met pêrels vir oë maak jy skatte in die hemel bymekaar.

Maniac ¹

Just a still town girl on a Saturday night, lookin' for the fight of her life
In the real-time world no one sees her at all, they all say she's crazy
Locking rhythms to the beat of her heart, changing woman into life
She has danced into the danger zone, when a dancer becomes a dance

It can cut you like a knife, if the gift becomes the fire
On a wire between will and what will be

She's a maniac, maniac on the floor
And she's dancing like she's never danced before
She's a maniac, maniac on the floor
And she's dancing like she's never danced before

On the ice-build iron sanity is a place most never see
It's a hard warm place of mystery, touch it, but can't hold it
You work all your life for that moment in time, it could come or pass you by
It's a push of the world, but there's always a chance
If the hunger stays the night

There's a cold connective heat, struggling, stretching for defeat
Never stopping with her head against the wind

She's a maniac, maniac, I sure know
And she's dancing like she's never danced before
She's a maniac, maniac, I sure know
And she's dancing like she's never danced before

It can cut you like a knife, if the gift becomes the fire
On a wire between will and what will be

She's a maniac, maniac, I sure know
And she's dancing like she's never danced before

Man Sonder Missie

Die Banneling, banaal en uitgeput
Son sal ons verblind vir die alles wat ons nog moet vind
Praat soms in babataal
Sweef en strompel sosiaal
Hierdie bene wou al lankal reguit kom, maar hier kan jy nie hardloop nie
Man sonder missie en sy vrou sonder visie
Wens ek kon iemand help, maar ek twyfel oor myself
My tong los en goedkoop
Dit kom al 'n lang pad saam
Ek en jy gebore onder een maan
Van Coke en die brandewyn fok my op
Dis onvermydelik en ek weet jy voel dit self, want hier gebeur iets in my are.

Spookstad

Die nadors gee my tyd om te dink
Niks voel meer dieselfde nie
Miskien sal slaap my kan genees, maar ek is nie moeg genoeg nie
Trek my beste klere aan
Erken die nederlaag terwyl ek voëls en karre buite hoor sing
Iemand sal my eendag hoor sing
Verstand en wysheid is hier nodig
Elke week 'n nuwe krisis
Ek is moeg van hierdie straat en om met myself te praat
My sweet ruik erger
Ek kan my koue dalk tydelik wegsteek
My masker het al klaar in die publiek afgegly
As jy hier bly mag iets sleg dalk met jou gebeur
Die rat in my kop sal binnekort weer begin draai
Ek neem aan dis te laat en jou opinie dalk fataal
Huil die verliefde land.

Cocaine ²

If you want to hang out, you've got to take her out, cocaine
If you want to get down, down on the ground, cocaine
She don't lie, she don't lie, she don't lie, cocaine

If you got bad news, you want to kick them blues, cocaine
When your day is done and you got to run, cocaine
She don't lie, she don't lie, she don't lie, cocaine

Your thing is gone and you want to ride on, cocaine
Don't forget this fact, you can't get it back, cocaine
She don't lie, she don't lie, she don't lie, cocaine

She don't lie, she don't lie, she don't lie, cocaine

Skadu's Teen Die Muur ³

die donker kom van buite
en syfer deur die ruite
en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
en die tafel en die laaikas
en alles wat eers was
versmelt tot blote skadu's teen die muur

ons drome van gister
word somber en sinister
want kyk alles het 'n vasgestelde uur
ons beplan toringblokke
maar die slopers is betrokke
en ons drome is bloot skadu's teen die muur

met orrelbegeleiding
kom die voorspel tot die skeiding
maar dis alles reg, die liefde is 'n vuur
en van die vorige hofmaak
hoor ons later in die hofsaak
want die liefde is 'n skadu teen die muur

in swart of wit getooi
in 'n stoet of in konvooi
wonder elkeen hoelank alles nog sal duur
en leef holderstebolder
want die kis wag op die solder
en die lewe is 'n skadu teen die muur

die donker kom van buite
en syfer deur die ruite
en ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
en my voete en my hande
word ou bekende lande
in skadukaarte teen die muur
die wereld word 'n skadu teen die muur
'n flikkerende skadu teen die muur

Bitterpil

Ek het iets soet nodig om saam met die bitterpil te sluk
Wou vir Jesus vra vir 'n nuwe pad huistoe
Miskien is dit gevaarlik
Iemand slaan dalk jou ruit uit
Die situasie verg groter aandag maar ek was te moeg
Laat Maandag maar sy eie tyd gebruik om blou te wees
Sal eerder my naam in die kroeg vergeet
Ek het iets soet nodig om saam met die bitterpil te sluk
Boot gestrand in dorre grond
Skeure in sy seile
Verrimpelde lyk uitgestal in 'n glaskis
Kan my maats vir my wys waar my huis is?
Die situasie verg groter aandag, net te veel binne in myself gehou
Die kluis ons huis
Jammer lief die storie is klaar geskryf
Ek het iets soet nodig om saam met die bitterpil te sluk.

Die Laaste Sondag

Sondae is die moeilikste
Dit is nou die sewende een alleen en ek raak nou al gewoond aan hoe dit voel
Ek het jou gesien daai eerste aand
Jy was skeel van al die booze
Daar was vuur in my are
Ek was hoog
Die nag het my bly vang
Ek het geweier om weer huistoe te kom
Hoe kan 'n slim man so dom wees?
Ek is nie 'n vreeslike slim man nie, want ek kon nie bly by jou nie
Droom oor die lewe
Droom oor groot geboue
Wat maak dit alles saak?
Die nag het my bly vang
Ek het geweier om weer huistoe te kom.

Raad Vanuit Twee Oorde (Acoustic Version)

Staan in jou ry
Om in jou ry te bly
Ons soek net die beste vir jou
Bly net op jou knieë
Miskien kan ons vir jou iets leer
Tussen verf en alles wat verweer
Lê jy vir die duisendste keer
Stry net so hard as wat jy kan
Ek wens die tyd was reg en almal was daar
Ek moes dit vroeër probeer
Twyfel sterk, brosbeenkultuur
Vlugteling, het ek jou uitgevang?
Dis seker net toevallig
Ek moes dit vroeër probeer
Hang maar jou drome op
Rug teen die muur
Spoeg en skree
Jou moë skoene proe die vloer
Terwyl ons doodgaan raak ons net ouer
Staan net nader aan die lug
Eentonig en te laat
Ek besef die mure het ore en iemand hou jou dop.

Algehele Kontrole (Acoustic Version)

Stuur die man om met my te praat
Hy gryp ons suutjies aan die oor
Op 'n skinkbord
Op die spel
Fok die kunstenaar
Die hel
Tragies traag
Leeftyd om na wind te jaag
Net die sterkste sal behoue bly
Waar is die tyd daarvoor?
Kontrole
Net die sterkste sal behoue bly
Ons is te oud daarvoor
Beheer my
Masjien is droog gebloei
Vergeet daarvan
Ons het mekaar verloor
Vergeet van eerlik speel
En hou ons stil
Gebore sonder 'n vals glimlag
Ons is klaar
Sestig uur sonder slaap sorg vir 'n nuwe perspektief
Paniek vat my uit soos 'n sluipmoordenaar
En die stad se vure bly brand

Ondersteuning Geweier (Gospel Version)

Vroeë-middag krisis
Die strate is oorvol
Kruip weg my liewe slagoffer
Ek het nog niks geleer nie
Dankie dat jy als vat sonder om te vra
Wie kan die vrede bewaar?
Sal iemand in elk geval luister?
Ek kan net nie ondersteuning aanvaar nie
Die toekoms sal ons leer
Kyk net na die weer
Jy bly vir die donker bang, maar vat hul op jou eie aan
Rol die roes van my dae af
Ek het voetstappe in die pad gehoor
Wat kan ek sê?
Ek het nie veel nie
Dankie dat jy als vat sonder om te vra
Wie kan die vrede bewaar?
Sal iemand in elk geval luister?
Blaas jou stomme asem uit
Jy is in 'n vreeslose soldaat verander
Jou naam nou net 'n nommer
Wie sal die nommer kan onthou?
Wie kan jou onthou?
Jou grafsteen in die donker vasklou?

1. The lyrics for Maniac were written by Michael Sembello and were not included with this album.
2. The lyrics for Cocaine were written by J.J. Cale and were not included with this album.
3. The lyrics for Skadu's Teen Die Muur were written by Koos du Plessis and were not included with this album.