September Fools

Lyrics

jy laat my so onveilig voel
hou daai asem op
moet ek iemand waarsku of nie?
opnuut herrys
die mensvreter wat ek al jare voer

hy het erken hy wou my vermoor
maar ek is al lankal dood
hy het erken hy wou my vermoor
miskien is dit beter so

is dit werklik 'n probleem, of nog te vroeg om te bepaal?
jy sal my einde wees
dankie, ek sien jy het die vermoë
die bloed stormloop die kop
in die rigting van my bestemming
ek wou sê......

ek het gedink ek sal 'n antwoord in die sonopkoms kry

die son was so belowend
ek het myself belowe

dis September en die wiel draai en ek
ek het myself belowe